Friday 23 September 2011

Soet/Suur Uitjies


Dit is moeilik om vir julle te sê hoeveel uitjies vir die mengsel want die groottes verskil en die fles groottes ook, so maak maar aan soos jy goed dink of tot jou flesse vol is!

Klein uitjies
En dan een bottel (750ml) swart asyn vir elke 1KG bruin suiker

Skil uie en plaas in fles net so rou. Prop die fles maar redelik vol en strooi paar peper korrels in elke fles. (Jy kan ook 'n rissie hier en daar insit as jy wil)
Kook asyn en bruin suiker saam (probeer maar om nie oor die pot asem te haal nie - dit slaan jou asem weg!!!)
Sodra mengsel kook, gooi dit in die flesse tot vol en laat 'n rukkie afkoel voordat jy die deksel styf opdraai.
Oor 2 weke is dit gereed om te eet, hoe langer dit staan hoe beter natuurlik.