Friday 23 September 2011

Reseptehouer














Maak 'n bêreplek vir jou resepte wat sommer ook as 'n staander kan dien wanneer jy kos maak.
Jy benodig
• glaskubus (te kry by bloemiste)
• resepte
• tydskrifte of boeke met foto's van die geregte

• liasseerblaadjies
• wit karton
• aftrekpapier
• handwerkmessie, snymat en metaalliniaal
• spuitgom
So maak jy
1 Meet die hoogte, breedte en diepte van die kubus. Gebruik jou handwerkmessie, snymat en metaalliniaal en sny kartonvierkante wat mooi binne- in die kubus sal pas.
2 Besluit watter resepte jy in die kubus wil sit. Fotostateer die foto's van die geregte in kleur, vergroot of verklein soos nodig, en plak dit met spuitgom op die kartonvierkante vas. Sit die vierkante fotokant ondertoe op jou snymat neer en sny die papierrande netjies weg.
3 Tik die resepte oor op jou rekenaar, maak seker dit pas in op die kartonvierkante en druk dit uit op aftrekpapier. (Lang resepte kan jy op die agterkant van die kaartjie laat aangaan.) Sny die aftrekpapier tot die regte grootte en plak dit ook met spuitgom op die karton- vierkante vas.
4 Sny die liasseerblaadjies tot die regte grootte en gebruik dit om die resepte volgens voorgereg, hoofgereg en nagereg te rangskik.
5 Wanneer jy kos maak, sit die resep wat jy wil gebruik heel voor in die kubus. Jy sal die aanwysings deur die glas kan lees en die glas beskerm ook die resepte.
(Oulike idee kom uit Idees Tydskrif)