Friday 23 September 2011

SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 17

MAANDAG                Maalvleispastei
DINSDAG                  Fettuccine Alfredo
WOENSDAG             Pastorie hoender
DONDERDAG            Green bean and carrot stew
VRYDAG                   Mossels met room


MAANDAG:  Maalvleispastei

Rol ‘n rolletjie gekoopte skilferdeeg dun uit om in ’n 23 cm pasteibak te pas.

olie
450 g maalvleis
2 uie, in blokkies opgesny
1 soetrissie, in blokkies opgesny
sout

peper
knippie suiker

Braai die uie in olie tot sag.

Gooi die res van die bestanddele by en braai verder tot die vleis bruin is.

Gooi die mengsel in die pasteibak.

Maak ’n bolaag van die volgende bestanddele:
3 eiers
340 g maaskaas
sout
peper

Klop die eiers effens saam met die sout en peper.
Meng goed met die maaskaas.

Sprei die bolaag oor die vleis.
Sprinkel paprika oor.

Bak 30 minute lank by 180ºC.

Garneer die pastei met pietersielie en olywe.

Die pastei kan warm of koud bedien word saam met groente en ’n groenslaai.

Hierdie resep is genoeg vir 8 persone.

DINSDAG                  Fettuccine Alfredo

500 g fettuccine
500 ml room
15 ml olie
5 ml sout
100 g parmesan
vars gemaalde swartpeper
kookwater

Plaas die fettuccine in ´n diep glasbak en bedek dit met kookwater. Die kookwater moet ´n entjie bo die pasta wees. Voeg die sout en olie by en mikrogolf 10 minute teen 100%. Roer een keer tydens die kookproses.

Laat staan 10 minute en gooi water af. Gooi pasta in bak en roer die room en Parmesaankaas by. Eters kan self besluit oor die peper.

WOENSDAG            Pastorie hoender

Skakel oond aan op 180 grade.

Benodig:                                                      
4 stukkies hoender                     
1 koppie rys                                                
1 koppie gemende gevriesde groente
1 pakkie hoender soppoeier             
3 koppies water                                   
1 knippie sout en peper    


Metode:
Gooi rys en groente in casserole
Stooi soppoeier oor
Gooi water by
Plaas hoenderstukke bo-op rys mengsel
Geur die hoender met sout en peper
Sit casserole se deksel op en bak in oond vir 1 ½ uur.

DONDERDAG          Green bean and carrot stew

INGREDIENTS

2 cups frozen green beans                    
2 cups frozen diced carrots
1 onion, diced                                            
3 tbsp sunflower oil
2 tbsp sugar                                               
1 tin corned meat, diced
1 packet oxtail soup                               
 2 cups water
1 cup cooked white rice

METHOD

Brown the onion in sunflower oil until light brown. Add corned meat and fry briefly. Add green beans, carrots, sugar and 1 cup water. Cook until vegetables are tender Mix oxtail soup powder with 1 cup water and add to stew. Cook until most of the moisture is absorbed. Stir continuously Season to taste and serve

VRYDAG                   Mossels met room

Benodig:     

250 g mossels (ontdooi)
125 ml room
1 ui – geskil en gekap
1/2 pakkie mushroom soppoeier
1 eetlepel olie (om uie in te braai)

Metode:       

Braai gekapte uie in olie tot gaar (warm plaat)
Gooi nou die mossels by – roer.
Gooi nou die room by – roer.
Gooi nou die mushroom soppoeier by – roer.
Laat prut die mengsel vir 5 minute.
Dien op met gaar rys of vars brood.