Wednesday 21 September 2011

Piekniek tas

Met somer piekniek dae wanneer jy dalk die gesin bietjie wil uit neem see toe of net sommer na die naaste park, is ‘n piekniek mandjie handig, maar somtyds ‘n duur item. 

Hier is 'n oulike idee wat nie jou sak sal breek nie.  As daar ‘n ou tas in jou huis rondlê wat jy nie gebruik nie, maar wat nog goed lyk van buite,  voer hom uit met goedkoop materiaal en werk strikkies / lint vas om alles mee vas te bind aan die binnekant. 

As jy die tas buite bietjie wil opvrolik bind sommer ‘n baldadige groot materiaal strik vas aan die handvatsel met ‘n plastiek sonneblom en jy het reeds ‘n heel nuwe en unieke piekniek-“mandjie”.