Wednesday 21 September 2011

Messegoed op 'n piekniek

Maak ‘n lap vou-doek wat jy kan gebruik om al jou messe en vurke in toe te draai vir die piekniek.  Op hierdie foto is netjiese materiaal gebruik, maar jy kan dit sommer maak uit kombuis vadoeke ook.  Meet volgens jou spesifieke messegoed en die nodige hoeveelheid sakkies.  Wanneer jy dan jou messegoed daarin sit, rol dit op en bind vas met ‘n lint.  Geen geraas van messegoed wat rondval in jou piekniekmandjie.