Friday 23 September 2011

MOSTERT UIE

2.75kg uie
1 kg wit suiker
50g mielieblom
30ml mostertpoeier


7ml sout
9 ekstra groot eiers
750ml wit asyn
Skil die uie en sny dit in skywe. Maak die skywe los in ringe. Bedek die ringe met kookwater en kook dit vinnig tot deurskynend, maar nie pap nie. Dreineer die ringe baie goed. Vermeng die suiker, mielieblom, mostert en sout. Klits die eiers, voeg dit by die suikermengsel en klits dit goed totdat die suiker opgelos is. Klits die asyn bietjiesgewys by. Voeg die uieringe by, verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit ongeveer 5min tot dik en gaar, roer dit deurentyd. Bottel die slaai warm en verseel dadelik.