Friday 23 September 2011

Koringvrye hawermout-en-kasjoeneutkoekies























Maak: 24
Oondtemperatuur: 180 °C
175 ml hawermout
80 ml witrysmeel
25 ml rosyne
50 g kasjoeneute, gekap

5 ml xantaan-gom
125 ml bruinsuiker
110 ml botter
15 ml gouestroop
1 groot eier, liggies geklop
1    Meng die hawermout, rysmeel, rosyne, kasjoeneute, xantaan-gom en 1 ml sout in ’n groot bak.
2    Verhit die suiker, botter en stroop saam in ’n kastrol. Gooi die bottermengsel oor die droë bestanddele en meng dit. Meng die eier by.
3    Skep teelepels vol van die mengsel op twee gesmeerde en gevoerde bakplate. Bak dit vir 12 tot 15 minute.
4    Laat die koekies vir vyf minute op die plate afkoel, skep dit uit en laat dit dan op ’n draadrakkie afkoel. Bêre dit in ’n lugdigte houer sodra dit heeltemal afgekoel het.  

(Resep kom uit Idees Tydskrif)