Tuesday 27 September 2011

Kersgeskenk idee

(Hierdie is 'n oulike idee vir 'n kersgeskenk - 'n Mandjie met plantjies in en versier met dennebolle en lint.  Veral 'n oulike idee as jy 'n geskenk wil saamneem vir jou gasvrou op kersdag.)
Henriette se mooi foto op ons blog, van die lente blomme met die dennebolle het my laat dink om jul hierdie bietjie raad of idee te gee. 


Om dennebolle in 'n rangskikking te gebruik en bietjie "op te vrolik" gebruik 'n klein bietjie wit verf op die punte.  Dit helder 'n kers-rangskikking bietjie op.  Die dennebolle kan met dun bloemiste draad in plek gehou word.  Rond af met mooi lint.