Tuesday 6 September 2011

KARAMEL MELKTERT
















KORS:
6 Marie-beskuitjies
1/2 koppie sagte bruinsuiker
1 koppie klapper
1/2 koppie koekmeelblom
knippie sout
1/2 koppie botter of margarien

VULSEL:
2 ekstra groot eiers
4 koppies melk
1/2 koppie mielieblom
60g suiker
15ml vlapoeier knippie sout
12.5ml botter of margarien
5ml karamelgeursel

Rol die Marie-beskuitjies fyn. Voeg die bruinsuiker, klapper, koekmeelblom en sout by en meng. Mikrogolf die botter ongeveer 1 minuut lank oop by 100% krag in 'n diep, mikrogolfvaste bak met 'n volume van 2 liter net tot gesmelt. Voeg die beskuitjiemengsel by en meng. Hou 30ml van die beskuitjiemengsel eenkant. Druk die res van die mengsel met die agterkant van 'n metaallepel vas teen die wand en op die boom van 'n tertbak met 'n volume van 2 liter. Mikrogolf die kors 2 minute lank oop by 100% krag.

Skei die eiers. Klits die eiergele en 200ml van die melk saam die dieselfde bak waarin die botter vir die kors gesmelt is. Voeg die mielieblom, suiker, vlapoeier en sout by en klits tot gemeng. Voeg die res van die melk by. Mikrogolf die mengsel 12 minute lank oop by 100% krag tot gaar. Roer dit elke 2 minute goed. Roer die botter en karamelgeursel by. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies met 'n metaallepel by die vulsel in. Giet die vulsel in die kors. Strooi die beskuitjiemengsel wat eenkant gehou is oor.