Friday 30 September 2011

SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 18

SPYSKAART WEEK 18

MAANDAG                Tjopkasserol met macaroni
DINSDAG                  Tunatert
WOENSDAG             Vleislose pizza broodjies
DONDERDAG            Tomato beef stew
VRYDAG                   Bovril Hoender (RSG)



Chantelle Geldenhuys

6 skaapboudtjops
sout en peper na smaak
bietjie koekmeelblom
250 ml water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous

25 ml asyn
5 ml suiker
250 ml gesnyde macaroni
1 ui, gemaal
bietjie gerasperde Cheddar kaas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ´n groot oondkasserol met ´n deksel, of bespuit dit met kleefwerende middel. Geur die tjops met sout en peper en rol hulle in koekmeelblom totdat hulle heeltemal daarmee bedek is. Plaas hulle langs mekaar in die kasserol. Meng die water, tamatiesous, Worcestersous en asyn saam. Gooi dit oor die tjops. Strooi die suiker bo-oor. Sit die deksel op en bak die tjops 60 tot 90 minute. Kook die macaroni en ui saam in soutwater totdat die macaroni sag is. Dreineer en hou warm. Skep die macaroni op die gaar tjops en strooi kaas oor. Plaas die kasserol terug in die oond en bak dit sonder ´n deksel totdat die macaroni begin verbruin.

DINSDAG:    Tunatert

Skakel oond aan op 180 grade.

Benodig:                                                    
2 snye witbrood                                             
1 koppie melk                                               
1 eier                                                              
1 koppie kaas (gerasper)                             
1 blikkies tuna                                            
1 ui (gerasper)                                             
1 knippie sout en peper  
                      
Metode:
Plaas brood en melk in kastrol en sit plaat op hoog tot dit kook.
Roer die mengsel tot dit pap is.
Meng al die ander bestanddele saam met die pap.
Gooi dit in ‘n oondbak en bak in oond vir 30 minute.

WENK:  Jy kan ook in plaas van die tuna, bullybeef, bacon of viennas gebruik.

WOENSDAG:           Vleislose pizza broodjies

Stel oond op 180 grade

Benodig:      

6 snye brood
1 koppie kaas
 8 teelepels tamatie en uie smoor (blikkie) of voorafgaargemaakte tamatie en uie of klaargekoopte bolognaise sous.

Metode:       

Smeer broodjies met tamatie- en uie mengsel
Strooi kaas bo-oor.
Plaas in oond (op hoogste laai) en bak vir 15 – 20 minute tot al die kaas gesmelt is en die brood verbruin het.

DONDERDAG:        Tomato beef stew

INGREDIENTS

500g stewing beef (chunks)     
1 medium onion, chopped
2 big potatoes, peeled, cut into blocks  
¼ cup  sunflower oil
1 packet (7g) Spicy BBQ spice             
1 tin tomato puree
1 tin of tomato & onion mix                 
1 tbsp white sugar
4 cups/1l water                                        
salt & pepper to taste

METHOD

In a cooking pot, fry onion in sunflower oil until brown. Add beef and spice and fry until brown. Add tomato puree, tomato & onion mix, sugar and water and simmer for 2 hours on medium heat. Add potatoes halfway through the cooking time. Stir continuously.  Add salt and pepper to taste

VRYDAG:      BOVRIL HOENDER (RSG)

BESTANDDELE:
1 heel hoender
Hoenderspeserye
Bovril

METODE

Was die hoender skoon en droog af.
Besprinkel met speserye binne en buite.
Smeer Bovril oor.
Bak oop teen 180 grade vir 45 minute.