Monday 26 September 2011

Gevulde Eiers - Mexican EGGS



















6 hardgekookte eiers 6 hard boiled eggs
50 ml salsa 50 ml salsa
50 ml fyngerasperde Cheddar- of Jalapeno-kaas 50 ml finely grated cheddar or jalapeno cheese

30 ml mayonnaise 30 ml mayonnaise
gegarneer met rissiepoeier garnished with chilli powder


Methode om die eiers te vul

1. Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
2. Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
3. Druk die eiergele met 'n vurk fyn.
4. Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
5. Skep of spuit met 'n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.

Wenk: Die eiergeelmengsel kan vooraf gemeng word sodat die geure kan ontwikkel. Skep in 'n lugdigte houer en bêre in die yskas om te verhoed dat dit uitdroog.