Monday 26 September 2011

Gevulde Eiers - GREEK EGG


















6 hardgekookte eiers 6 hard boiled eggs
50 ml Fetakaas, gekrummel 50 ml feta cheese, crumbled
6 groot swart of Calamata-styl olywe 6 large black or Calamata style olives

50 ml mayonnaise 50 ml mayonnaise
gegarneer met skywe suurlemoen, olywe en takkies origanum garnished with lemon slices, olives and oregano sprigs

Methode om die eiers te vul

1. Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
2. Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
3. Druk die eiergele met 'n vurk fyn.
4. Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
5. Skep of spuit met 'n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.

Wenk: Die eiergeelmengsel kan vooraf gemeng word sodat die geure kan ontwikkel. Skep in 'n lugdigte houer en bêre in die yskas om te verhoed dat dit uitdroog.