Monday 26 September 2011

Gevulde Eiers - FRENCH EGGS






















6 hardgekookte eiers 6 hard boiled eggs
50 ml gekapte gaar spinasie, goed gedreineer 50 ml chopped cooked spinach, well drained
50 ml Brie-kaas, in blokkies gesny 50 ml of Brie cheese, cubed

50 ml mayonnaise gegarneer met gekapte tamaties 50 ml mayonnaise garnished with chopped tomatoes

Methode om die eiers te vul

1. Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
2. Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
3. Druk die eiergele met 'n vurk fyn.
4. Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
5. Skep of spuit met 'n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.

Wenk: Die eiergeelmengsel kan vooraf gemeng word sodat die geure kan ontwikkel. Skep in 'n lugdigte houer en bêre in die yskas om te verhoed dat dit uitdroog.