Monday 26 September 2011

Gevulde Eiers - ITALIAN EGG


















6 hardgekookte eiers 6 hard boiled eggs
50 ml fyngekapte prosciutto of salami 50 ml finely chopped prosciutto or salami
50 ml mayonnaise 50 ml mayonnaise

30 ml gerasperde Parmesaankaas 30 ml grated Parmesan
gegarneer met takkies pietersielie en basiliekruid garnished with sprigs of parsley and basil


Methode om die eiers te vul

1. Halveer die hardgekookte eiers in die lengte.
2. Verwyder die eiergeel en plaas die eierwitte eenkant.
3. Druk die eiergele met 'n vurk fyn.
4. Roer die oorblywende bestanddele vir elke variasie by tot goed gemeng.
5. Skep of spuit met 'n versierbuis sowat een eetlepel (15 ml) van die eiergeelmengsel in die eierwitholte.

Wenk: Die eiergeelmengsel kan vooraf gemeng word sodat die geure kan ontwikkel. Skep in 'n lugdigte houer en bêre in die yskas om te verhoed dat dit uitdroog.