Tuesday 27 September 2011

Soutige Skons













2 groot eiers
250ml cheddarkaas, gerasper
1 klein uitjie, gerasper
2 Weense worsies of 2 dik skywe ham in blokkies gesny


10ml bakpoeier
190ml melk
250ml koekmeelblom
125ml margarien
'n knypie sout
'n knypie rooipeper

Klits eiers en roer die kaas, ui, worsies of ham, bakpoeier en melk by. Voeg meel en botter om die beurt by en meng goed na elke byvoeging. Roer sout en rooipeper by. Laat eetlepels vol deeg in holtes van 'n kolwyntjiepan drup en bak 10-15 minute by 180C.

Lewer 12 skons