Friday 23 September 2011

Diamond Frost

As jy nog altyd gehou het van Baby's Breath of Gipskruid, maar nog nooit sukses gehad het om hulle te groei in jou tuin nie, moet jy beslis kyk na Diamond Frost.

Hierdie plant is 'n Proven Winner plantjie, wat beteken hy is beslis die moeite werd om te koop.  Van nature groei hy in 'n kompakte vorm so daar is regtig nie onderhoud nodig aan die plant nie.  Uit ondervinding kan ek vir julle sê dat die plante oortrek is met die fyn wit blom blaartjies reg deur die jaar. 
Hulle lyk baie goed in enige tuin op enige plekkie, maar maak veral 'n indrukwekkende gesig wanneer hulle in statige potte geplant word vir 'n stoep area.