Friday 23 September 2011

Een-hap-nagereg

Vinnige "een-hap" nagereg vir die somer.......Geen ure voor 'n stoof of in die kombuis.

Neem vars aarbeie, haal die binneste uit en vul met sjokolade mouse. (Jy kan sommer 'n goeie soort sjokolade mouse koop in plaas van dit staan en maak.)  Rond af met 'n pepperment blaartjie.  Sny die onderste puntjie van die aarbeie af sodat dit regop kan staan op 'n partytjie bord.
As jy lus is vir 'n soet tand weergawe, kan jy karamel meng met 'n bietjie vars room (na smaak) en dit binne in die aarbeie skep. 
Moenie die stukkies aarbeie weggooi wat jy afgesny het en uitgehaal het nie, dit kan weer gebruik word as deel van die volgende dag se vrugteslaai of meng dit saam met Aarbei Joghurt as deel van die ontbyt tafel.