Friday 23 September 2011

Deurmekaar laai?

As jy lekker diep laaie het, maar dis altyd deurmekaar is hierdie oulike idee dalk waarna jy soek.
Neem leë skoenbokse en trek dit oor met materiaal.  Plaas dit dan binne in die laai sodat dit skeiding maak tussen al die items en alles op plek kan hou.  Jy kan ook ander boksies van verskillende grotes gebruik, want as jy dit eers met materiaal oorgetrek het, gaan niemand weet wat oorspronklik in die boks was nie.