Tuesday 27 September 2011

Botteltjie-blom gordyn vir 'n damestee

Glas botteltjies met blomme in, gehang op verskillende hoogtes soos 'n gordyn, lyk pragtig vir 'n tuin onthaal.
Veral as jy rose gebruik en die botteltjies naby aan mekaar hang, maak dit 'n baie mooi fokuspunt. Jy kan gewone of gekleurde tou gebruik om hul op te hang, of vislyn wat nie so maklik sigbaar is nie.  Baie belangrike wenk om hierdie blommegordyn te maak:
Maak seker jou bottels is almal baie skoon sodat dit mooi vertoon teen die lug.
Gooi genoeg water in die bottels sodat die blomme die dag kan oorleef, maar nie te veel nie, anders is dit dalk te swaar vir die struktuur waaraan dit vasgemaak word.
  (Oulike idee dalk vir 'n dames tee of kombuistee of selfs by 'n tuin troue.)