Thursday 22 September 2011

BRAAI-BROODJIE


















1 pak vetkoek deeg (die wat jy by die supermarkte of bakerye koop)
1 gekapte ui
1 teelepel gekapte knoffel

... 'n keuse van biltong of 'bacon' (Opsioneel)
1 koppie kaas in blokkies gesny

METODE
1. Plaas deeg (nog in plastieksak) vir ± 1 minuut in mikrogolfoond
(Mikrogolf- oond moet op DEFROST gestel wees).
2. Haal deeg uit plastieksak en maak dit sommer met die hand redelik
plat.
3. Sprinkel uie, knoffel, kaas en biltong/ 'bacon' oor die deeg.
4. Rol deeg toe en plaas in gesmeerde broodpan.
5. Bak ± 1 uur by 180ºC in oond.
6. Haal uit en geniet.
Broodjie is heerlik terwyl nog warm, en heerlik saam met braaivleis.