Thursday 22 September 2011

Vinnige kondensmelkkaaskoek






















Hierdie resep het ek in 'n Sarie gekry, seker een van die vinnigste maniere om 'n Kaaskoek te bak.

(6 - 8 porsies)

•200 g Digestive-koekies
•150 g (160 ml) botter, gesmelt
•500 g roomkaas


•1 blik (385 g) kondensmelk
•gerasperde skil van 1 suurlemoen
•3 eiers

Verhit oond tot 160 °C. Kap koekies fyn in jou voedselverwerker. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Voer 'n bakplaat van 30 x 20 cm uit met bakpapier en druk koekiekors daarop vas. Klits roomkaas, kondensmelk, skil en eiers saam. Giet oor kors en plaas in warm oond. Bak vir 35 - 40 minute. Haal uit en laat afkoel. Sny in blokke en sit voor saam met vars vrugte van jou keuse of versier met blommetjies. Jy kan ook 'n bietjie versiersuiker bo-oor sif.