Wednesday 3 August 2011

Wortelmuffins met roomkaasversiersel














Maak: 12
Oondtemperatuur: 180 °C

770 ml (430 g) koekmeel
200 ml (165 g) sagte bruinsuiker
5 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
2,5 ml sout
5 ml fyn kaneel
250 ml olie
250 ml jogurt
125 ml pynappelstukke, fyn gesny
2 eiers
7,5 ml vanieljegeursel
500 ml gerasperde wortel
160 ml (100 g) rosyne

VERSIERSEL
125 g roomkaas
30 g botter, teen kamertemperatuur
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
5 ml suurlemoensap
5 ml vanieljegeursel
400 ml versiersuiker, gesif

1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n muffinpan met 12 holtes óf spuit dit met kleefvrye kossproei.
2 Sif die koekmeel in 'n groot mengbak en voeg die bruinsuiker, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel by. Meng die olie, jogurt, pynappel, eiers en vanieljegeursel in 'n ander mengbak.
3 Maak 'n holte in die droë bestanddele en voeg die pynappelmengsel by.
4 Vou die wortel en rosyne in en skep die beslag in die voorbereide muffinholtes. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en uitgerys.
5 Maak die versiersel: Klits die roomkaas, botter, suurlemoenskil, suurlemoensap en vanieljegeursel tot romerig. Voeg die gesifte versiersuiker by en klits tot net gemeng. Proe en voeg nog suurlemoensap by, indien verkies.
6 Om voor te sit: Versier die afgekoelde muffins met die sitrus-roomkaasversiersel en sit voor.