Wednesday 3 August 2011

Koffie-en-haselneutmuffins















Maak: 12
Oondtemperatuur: 180 °C

500 ml (280 g) bruismeel
180 ml (150 g) bruinsuiker
100 g haselneute, gerooster en gemaal
80 ml kitskoffiepoeier
300 ml karringmelk
2 eiers
125 g botter, gesmelt en afgekoel mascarponekaas (om mee voor te sit) koffiekorrels (om bo-oor te sif)

1 Voorverhit die oond en smeer 'n muffinpan met 12 holtes óf spuit dit met kleefvrye kossproei.
2 Sif die bruismeel in 'n groot mengbak en voeg die bruinsuiker en haselneute by.
3 Klop die koffiepoeier en karringmelk saam totdat die koffiekorrels oplos. Klop dan die eiers en afgekoelde botter by. Gooi die karringmelkmengsel by die meelmengsel en roer tot net-net gemeng. Verdeel die beslag tussen die holtes en bak vir 20 minute. Laat die muffins afkoel.


4 Om voor te sit: Sny die bokant van elke muffin af, skep 'n lepel vol mascarpone op die onderkant en sit die "deksel" terug. Sif koffiekorrels bo-oor en sit voor