Wednesday 3 August 2011

Koringvrye muffins met grondbone, piesang en sjokoladebrokkies





















Maak: 20
Oondtemperatuur: 180 °C
3 ryp piesangs, fyngedruk
2 groot eiers
125 ml bruinsuiker
125 ml growwe grondboontjiebotter
125 ml botter, gesmelt
125 ml karringmelk
375 ml (210 g) glutenvrye meel
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
80 g donkersjokolade, gekap
1 Meng die piesangs, eiers, suiker, grondboontjiebotter, gesmelte botter en karringmelk in ’n groot bak.
2 Sif die droë bestanddele saam. Voeg dit dan by die nat mengsel en meng dit tot net gemeng. Voeg die gekapte sjokolade by.
3 Voer ’n muffinpan uit met papiervormpies en skep dit driekwart vol met die mengsel. Bak dit vir 12 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.