Wednesday 3 August 2011

Wenke oor tuin peste en plae.


Wenke / rate wat ons al met die tyd bymekaar gemaak het oor goggos in die tuin:
  • Maak eierdoppe droog en baie fyn en strooi dit om jou groentedit hou die slakke weg.  Die eierdoppe moet egter baie baie fyn wees.
  • Kyk uit na die reën dae of as jy water gegee het in die oggende vir klein spiraal slakkies onder die blare.  Hulle kruip baie goed weg.  Haal maar af met die hand waar moontlik.
  • Ludwig se insect spray is organies en mens hoef nie 10 dae te wag voor jy kan oes nie.  Spuit plante deeglikook onder die blaartjies in.
  • ‘n Bakkie met bier in die groentetuin kan slakke weglok van jou plante.
  • Marigolds (Afrikanertjies-blomme) in jou groentetuin hou die goggas weg van jou plantjies.  Kappertjies en knoffel is ook baie goeie plant metgeselle.
  • Gebruik ou leë plastiek sap-bottels om bo-oor jong saailinge te plaas as beskerming.  Jy kan ook leë yoghurt houertjies bo-oor plantjies indruk (verwys foto).
  • Vaseline kan om die rand van ‘n bak gesmeer word om te keer dat slakke by die rand opklim.
  • Maak ‘n spuitmiddel van water, uie, knoffel en seep en spuit die plante daarmee om vlieënde goggos weg te hou. (Sien inskrywingSpuitmiddels vir goggos.)
  • Vang torre in ‘n plastiek melkbottel wat jy ophang in jou tuin.  Maak ‘n klein opening aan die bo-kant sodat hulle net-net kan in en plaas ‘n piesang binne in om hulle te lok.  (Parafien kan ook in die houer gegooi word.)
  • Vrugtebome kan beskerm word teen torre en voëls deur kleinerige boompies met ‘n net toe te gooi wanneer hulle dra.  Plant ook knoffel onder die bome.
  • ‘n Ou CD vasgemaak met ‘n toutjie aan die boonste tak van ‘n vrugteboom, hou die voëls weg.
  • Lok en waardeer liewenheersbesies, hotnotsgotte en akkedisse in jou tuin.  Hulle raak ontslae van baie goggas.