Wednesday 3 August 2011

Spuitmiddels

Hier is 'n lys van natuurlike spuitmiddels - met die tyd ontvang:

Rissiespuit
Kap vier brandrissies, een ui en twee knoffelhuisies fyn.
Meng water en kombuisseep en klits dit tot 'n ligte skuim
.
Bedek die gesnyde rissies, ui en knoffel met 'n bietjie seepwater
.
Laat die mengsel 24 uur staan
.
Voeg een liter water by en meng goed
.
Syg dit deur 'n ou kous en verseël dit in 'n bottel.
Spuit plante daarmee wanneer nodig.
  

Uiespuit is 'n insekweerder en swam- en insekdoder.
Kap 'n middelslagui in klein stukkies (gebruik ook die skil en groen blare, as dit nog aan is). Laat dit vier tot sewe dae lank in 'n liter water in 'n houer met 'n deksel staan. Syg die mengsel dan deur 'n ou kous en spuit dit op die aangetaste plante.
 

Brandnetels
Spuitmiddel teen slakke en donsige skimmel uit. Pak 'n emmer vol heel brandnetelplante. Bedek met water en laat staan vir twee weke. Verdun een deel van die vloeistof met vier dele water, en spuit.

 Knoffel-en-seepspuit
Druk 10 knoffelhuisies en 'n kwartkoppie gerasperde kombuisseep saam fyn en laat week dit in een liter kookwater.
• Wag tot
dit afgekoel het en spuit op die blare van plante waarop insekte voorkom
.
Herhaal 'n week. Dié middel werk ook goed as jy swaminfeksies wil beheer.
 

Epsomsoutspuit
Los 50 g epsomsout in vier liter water op en gebruik dit as blaar- en wortelvoeding.  Veral goed vir plante waarvan die blare as gevolg van ‘n virussiekte vergeel het.  (Magnesiumtekort)  - Sitrus bome vind ook baie baat hierby.