Tuesday, 23 August 2011

Vinaigrette met grasuie en lemmetjie
















Klits die sap en skil van ’n lemmetjie, 30 ml fyngesnipperde grasuie, 1 gekapte
knoffelhuisie, 15 ml heuning en 5 ml Dijonmosterd saam. Voeg 100 ml olyfolie
stadig in ’n dun straaltjie by en klop tot die sous glad en dik is. Geur met
sout en peper. Die sous is veral lekker saam met avokado-en-pomeloslaai met
amandels en skaafsels parmesaankaas.