Tuesday, 23 August 2011

Grasuie - Allium schoenoprasum























Dié meerjarige polvormige kruiebossie is familie van uie en knoffel – en net so nuttig in die kombuis.

Kweekwenke
• Plant in volson of halfskadu in ryk grond.
• Plant in die tuin, of in potte mits die grond met genoeg kompos en beenmeel verryk word. In koue streke vrek die plante in die winter, maar loop weer uit in die lente.
• Grasuie hoort by wortels, pietersielie, appels, spanspek, komkommer, beet, blaarslaai en appelliefies.

Oeswenke en gebruike
• Grasuie het ’n pikante, matige uiegeur. Die algemene reël is hoe groter die grasui, hoe sterker die geur.
• Voeg aan die einde van die kooktyd by stowegeregte en sop, roer dit by eier- en kaasgeregte, en dis lekker vars saam met roomkaas.  Jy kan dit ook in slaaie en aartappelgeregte gebruik, of snipper dit oor roerbraaigeregte net voordat jy dit voorsit.

Groepeer potjies basiliekruid, grasuie,
marjolein en tiemie op jou vensterbank
dat jy heeljaar daarvan kan snipper.
– Uit A slice of Organic Life van
Sheherazade Goldsmith (redakteur)

Kyk onder resepte vir Vinaigrette met grasuie en lemmetjie