Soos ouma dit gemaak het.
Genoeg vir: 6-8 as bygereg
Gaarmaaktyd: 30 minute, afhangende van die grootte van die patatblokkies
Gaarmaaktyd: 30 minute, afhangende van die grootte van die patatblokkies
2 kg patat, in blokkies gesny
100 g botter
30 ml water
3 stukke gedroogde nartjieskil
2 kaneelstokkies, gekneus
5 ml sout
250 ml suiker
30 ml heuning
100 g botter
30 ml water
3 stukke gedroogde nartjieskil
2 kaneelstokkies, gekneus
5 ml sout
250 ml suiker
30 ml heuning
Plaas al die bestanddele in 'n swaarboomkastrol. Verhit dit stadig oor matige hitte en prut tot gaar en al die vloeistof verdamp het. Skud die kastrol van tyd tot tyd om te voorkom dat dit aanbrand. Verwyder die nartjieskil en kaneelstokkies voordat jy die smoorpatat voorsit.