Wednesday 24 August 2011

Tuinpaadjie inspirasie

Hier is bietjie inspirasie vir 'n tuinpaadjie as jy daaraan dink om een uit te lê.  Dalk sien jy nie kans vir die hoë kostes aan duur plaveisel nie of jy wonder wat pas by wat.  Hier is oulike idees wat vir 'n beginner tuinier ook sal werk. 

Net gewone gruis-klippies met groter spoelklippe langs die kant. Pragtig. (Geen spesiale kennis of toerusting nodig.)  Die ander fototjie illustreer ook dat mens nie noodwendig perfekte paadjies hoef uit te lê waarvan al die materiale by mekaar pas nie.  Hier is sommer 'n mengelmoes saam gebruik, en dit maak 'n treffende paadjie wat uniek lyk.
Hierdie statige tuin se paadjie is met dood eenvoudige bakstene uit gelê.  Tog maak dit 'n treffende ingang.