Tuesday 23 August 2011

Goedkoop idee - Maak jou meubels weer nuut vir die somer tuin



As jou ou "draadmeubels" in die tuin vaal lyk, skep moed. Daar is geen rede om nuwe duur meubels te koop en jouself dalk nog so in die skuld te steek nie. Ons maak ‘n plan.
Hou bietjie dop. Een van die dae pak die winkels die mooiste kussings uit, in lente en somer kleure. Kyk net hoe mooi kan jou tuinstel lyk met net 'n paar oulike helderkleurige kussings.

Dalk het jy nodig om die stel bietjie af te borsel met ‘n staalborsel vir los roes en ‘n nuwe lagie verf kan opgesit word. (Ek gebruik sommer blikkies spuitverf. Dis vinnig, maklik en lyk net so goed.)

Wenk: Neem 'n ou slaapkamer kussing wat al plat gelê is, maak hom die helfte van sy oorspronklike grote en werk weer netjies vas. Trek 'n nuwe kussingslopie oor en siedaar, 'n geldbesparings-hergebruik-oplossing. Die slopies is teen baie billike pryse beskikbaar in die winkels. Of as jy lekker handig is met die naaldwerk, maak slopies van vrolike materiaal.