Wednesday 24 August 2011

Kersfees kalender idee

Het hierdie oulike idee raakgeloop op 'n Google search nadat ek 'n maklike manier wou vind vir 'n kersfees "advent calendar" wat nie lekkergoed bevat nie.  'n Kersboom ornament is by elke dag.
Soos die dag aanbreek, word die versiering op die kersboom gehang. Gemaak van gewone kennisgewingbord (pinboard) wat oorgetrek is met mooi materiaal.
Hierdie idee is ideaal vir 'n familie waar suiker of soet eetgoed nie 'n goeie plan is nie....en dit is 'n oulike tradisie om te begin as 'n familie saam.

Foto geleen.  Bron onbekend.