Monday 1 August 2011

Teepotte - nuwe lewe in die tuin

Ou teepotte wat dalk in die pad staan kan interessante dekor items in die tuin wees. 
As jy nie so 'n reëling het waaraan jy hulle kan hang nie, kan hulle selfs as "hangmandjies" onder 'n boom ingespan word.  Maak net seker jy maak dreinerings gaatjies.  (As dit nie moontlik is nie, kan jy altyd 'n plastiek potjie binne in sit sodat jy gereëld die oortollige water net kan uitkeer.)  Hierdie tuin-teepotte, kan oulik lyk op 'n tafel in die tuin of dalk staangemaak op 'n ou boomstomp langs 'n bankie waar jy teedrink.  As jy bietjie meer kreatief wil raak, gebruik hul as deel van 'n water element in die tuin. (Die water kan van een teepot na die volgende oorloop op verskillende hoogtes.)