Monday 1 August 2011

Bougainvilla

Bougainvilla’s is ‘n perfekte struik vir ‘n vrolike lente en somer tuin.  Met hul oorvloed blomme, kan jy nie verkeerd gaan as jy ekstra kleur in die tuin soek nie.  Hulle hou van volson, en sal groei direk in die tuin asook in potte.  Jy kan selfs ‘n bonsai van hierdie plant maak.  Hulle verg baie min onderhoud en is water slim plante. (water-wise)  Bougainvilla’s kan teen mure opgelei word om dit te kamofleer en is ‘n goeie plant om te laat oprank teen die tuinmuur vir sekuriteits doeleindes.  Hulle lyk ook pragtig as jy ‘n onthaal area- of motor- afdak laat toegroei.  Omdat hul gedeeltelik blaartjies verloor in die winter, laat hul dan son deur, maar gee heerlike skadu met tonne blomme in die lente en somer.