Tuesday 2 August 2011

Hergebruik 'n ou raam

Gebruik ‘n ou raam wat jy by ‘n pantjieswinkel of vlooimark vir ‘n appel en ‘n ui gekoop het, of die een wat dalk al lankal in die garage staan en stof vergader.  ‘n Standaard notabord kan gebruik word deur dit net aan die raam vas te heg.  Jy kan dit ook bietjie aanpas, deur dit oor te trek met materiaal wat by jou dekor pas.  As jy nie ‘n notabord wil koop nie, kan jy  kurk vloerteëls gebruik en dit as agtergrond plak.  (Dalk het jy nog ‘n paar teëls oor van ‘n vorige projek.)   Verf die raam mooi en jou bord is gereed.