Wednesday 17 August 2011

Portulaca vygies

Ek is baie opgewonde.  Die eerste Portulaca (vygie) plantjies (of soos baie mense hom sommer uitspreek as “Portchulekka”) het opgeslaan in my tuin.  Dis ‘n teken lente is nou naby.  As jy eers een keer hierdie pragtige kleurvolle blommetjies in jou tuin gesaai het, sal hul elke jaar op die vreemdste plekke opslaan soos hulle hulself weer in jou tuin saai. 
Hulle verplant maklik na ‘n sonnige deeltjie van jou tuin (hoe meer son hoe meer blomme) en gee ‘n pragtige kleurspel oor die somer vakansies en kerstyd.  Beslis die moeite werd om sommer ‘n hele tuin vol van hulle te saai. 
Ek was al die jare ‘n bokbaaivygie liefhebber en is steeds, maar moet sê die Portulaca vygie is beslis baie makliker om in die tuin te kweek/saai en ek hou van die idee dat hy sommer self weer verskyning maak sonder enige moeite, die volgende jaar.