Wednesday 17 August 2011

Goedkoop opsies vir hangmandjies en oulike tafeldoek gewiggies.

Dis nou ‘n pragtige en vrolike idee vir die somer.  Klein emmertjies geverf in helder kleure met net ‘n paar blommetjies in word gebruik as gewiggies om die tafeldoek in plek te hou.  Om te keer dat die emmertjie te swaar is, sit ‘n klam stukkie oase in die emmertjie en druk die blommetjies daarin.  Dan sal jy ook nie hoef te sukkel met water wat dalk per ongeluk uitgestamp word nie.  Maar hier is nog ‘n ouliker idee….
Jy wou nog altyd ‘n hele tuin vol hangmandjies gehad het, maar o wee die prys…….Hierdie idee kan ook ingespan word om kits-hangmandjies te maak vir ‘n kersdag buite-onthaal.  Neem klein emmertjies (te kry by redelike goedkoop winkels) en verf hul in helder kleure wat by jou onthaal area of tuin sal in pas.  Maak dan net soos hier bo genoem, maar maak seker die emmertjies het genoeg water in om lank te hou en hang hul aan tou op verskillende plekke (ooghoogte) in jou tuin. 
Geen duur hangmandjies hoef gekoop te word nie, en as hul nie in direkte son hang nie, kan hul maklik hou vir twee dae of langer.