Monday 15 August 2011

Pesto Genovese



















Meng 2 groot hande vol (4 koppies) vars basilieblare, 2 vet knoffelhuisies, ’n bietjie sout, 60 ml geroosterde dennepitte en 60 ml gerasperde parmesaankaas saam in ’n vysel tot ’n growwe puree. Voeg 100 ml olyfolie in ’n dun straaltjie by. Roer deur pasta, sop en stowegeregte of gebruik in gourmet-broodjies.