Monday 15 August 2011

Basiliekruid of Ocimum basilicum





















Basiliekruid werk uitstekend saam met alle tamatiegeregte.
Kweekwenke
• Plant in die hoogsomer in volson of halfskadu en gee gereeld vloeibare kunsmis.
• Basiliekruid aard in potte en tuinbeddings. Gee genoeg water in die somer en maak seker die grond dreineer goed.
• Eenjarige basiliekruid word tussen 30 cm en 60 cm hoog.  Meerjarige basiliekruid is meer gehard en smaak effens anders.
Oeswenke en gebruike
• Sny gereeld die stele uit wat blom, sodat die plant ’n mooi bos kan vorm. Basilie kan enige tyd gepluk word, maar die jonger blare is geuriger. Die wit blommetjies is ook eetbaar.
• Dis beter om die blare te skeur wanneer jy dit in slaai gebruik. Die blare kneus en verkleur as dit gesny word.

(Kyk onder resepte vir Pesto Genovese)

Die soet basiliekruid sal lepellê met tamaties, komkommer, blaarslaai en spinasie, en skoenlappers na jou tuin lok.