Friday 12 August 2011

Ou bad nuwe lente lewe

Moenie daai ou bad weggooi of sommer afskryf nie. 
Kyk net hoe mooi lyk die petunias in hierdie ou bad op die fototjie wat ons raakgeloop het.  Met die eendjies daar rondom, lyk dit sommer na vrolike lente pret.  (Petunia Million Bells is 'n oulike opsie wat oor die rand van die bad sal rank en hordes blommetjies sal gee.)