Monday 15 August 2011

Herwin idees vir plaveisel areas

As jy ‘n area om die huis het wat plaveisel het of ‘n sementblad en jy kan nie werklik ‘n bedding daar maak nie, is hierdie oulike idees vir jou.  Jy kan steeds jou eie plantjies groei en boonop herwin jy sommer en doen iets goeds vir moeder aarde.
‘n Ou laaikassie kry nuwe lewe met groen plante of kruie.  As jy die kassie 'n mooi kleur verf en rankplantjies of blomplantjies in die laaie plant, gaan dit 'n oulike fokuspunt uitmaak.  Anders kan jy dalk net kruie in die laaie plant en siedaar jy het 'n kruietuintjie wat geskik is vir 'n klein area.
Ou ketels maak interessante potplant houers en gaan beslis die kuiergaste aan die gesels hê. Groepies van drie bymekaar op verskillende plekke of dalk een groot vertoning van 'n versameling ketels bymekaar, kan pragtig lyk met vrolike blomplantjies daarin.