Monday 1 August 2011

Oranje en Geel vir die tuin

Nasturtium / Kappertjies
Rankplant wat eetbare blommetjies in kleure van rooi, oranje en geel dra. 
Hou van volson, maar sal doen met ‘n bietjie skadu in die namiddag.  Maklike plantjies om te groei en hulle saai hulself elke jaar. 
Plant hul naby tamaties, aarbeie, komkommer en boontjies om die goggos weg te hou.
Hulle blom van lente tot herfs.   
Maak seker jy kyk vroegoggend wanneer die dou op hierdie ronde groen blare lê – Dis net te pragtig.  Perfekte druppeltjies word gevang op die blare en skitter soos diamante