Monday 1 August 2011

Hou die onkruid weg

Moeg vir alewig onkruid uit trek? 
Die geheim is om ‘n deklaag in jou beddings te gebruik.   Bedek die areas waar nie plante is nie, met ‘n laag boombas-stukkies of dalk “peanut” doppies.  Die onkruid sal nie sommer  deur groei nie en jou plante sal sommer ook baie mooi vertoon teen die bruin van die deklaag.
Voordele van ‘n deklaag tussen jou plante:
1)      Hou die water in die grond – grond droog nie so vinnig uit nie.
2)      Beskerm plante in die somer teen hitte.
3)      Bevorder ertwurm aktiwiteite wat die grond kwaliteit verbeter.
4)      Hou onkruid onder beheer. (Versmoor die onkruid.)