Wednesday 3 August 2011

Ontbytmuffins






Maak: 24
Oondtemperatuur: 180 °C


250 ml sagte droë appelkose, fyn gesnipper
15 ml gerasperde lemoenskil
250 ml lemoensap
250 ml karringmelk
125 g ongesoute botter, gesmelt en afgekoel
125 ml heuning
2 eiers, geklits
310 ml (200 g) volkoringmeel
250 ml (140 g) bruismeel
15 ml bakpoeier
125 ml muesli of granola
125 ml koringkiem

BOLAAG75 ml (60 g) bruinsuiker
2,5 ml fyn kaneel
15 ml koekmeel
30 ml gesmelte botter
125 ml muesli of granola

1 Voorverhit die oond en smeer twee muffinpanne óf spuit dit met kossproei.
2 Meng die gesnipperde appelkose en lemoenskil en -sap in 'n groot mengbak en laat dit eenkant staan.
3 Roer die karringmelk, botter, heuning en eiers by die appelkose. Meng.
4 Meng die volkoringmeel, bruismeel, bakpoeier, muesli en koringkiem saam en maak dan 'n holte in die middel. Voeg die appelkoosmengsel by en roer totdat alles gemeng is. Skep die beslag in die muffinholtes.
5 Meng die bestanddele vir die bolaag en sprinkel dit oor die beslag. Bak vir 20 minute