Wednesday 3 August 2011

Dadelmuffins met Toffiesous














Maak: 12
Oondtemperatuur: 180 °C


410 ml (250 g) ontpitte dadels, fyn gesny
5 ml koeksoda
175 g ongesoute botter
375 ml (210 g) bruismeel
180 ml (165 g) strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
2 eiers, geklits
180 ml (150 g) bruinsuiker
30 ml gouestroop
250 ml room

1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n muffinpan met 12 holtes óf spuit dit met kleefvrye kossproei.
2 Sit die dadels in 'n kastrolletjie en voeg 250 ml water by. Verhit tot kookpunt en voeg die koeksoda en 60 ml (60 g) van die botter by. Roer totdat die botter opgelos het en verwyder dan die kastrol van die hitte. Laat dit staan sodat die mengsel effens kan afkoel.
3 Sif die bruismeel in 'n groot mengbak en roer die strooisuiker by. Klits nou die eiers en vanieljegeursel saam.
4 Sit die dadels in 'n voedselverwerker en pols tot 'n growwe pasta. Gooi dit by die eier en roer tot gemeng. Voeg dié mengsel by die meel en roer tot gemeng. Giet die beslag in die muffinholtes en bak vir 20 minute.


5 Maak die sous: Verhit die orige botter, bruinsuiker, gouestroop en room in 'n kastrolletjie oor lae hitte terwyl die muffins bak. Roer die sous aanhoudend totdat al die suiker opgelos het. Laat dit dan 'n paar minute prut om dikker te word, verwyder die kastrol van die plaat en laat afkoel.


6 Om voor te sit: Keer die muffins uit en sit dit voor saam met die afgekoelde toffiesous