Wednesday 3 August 2011

Appelliefiesjokolademuffins






Genoeg vir: 12
Oondtemperatuur: 180 °C


190 ml (190 g) botter
250 ml (200 g) strooisuiker
3 eiers
2,5 ml vanieljegeursel
500 ml (280 g) koekmeel
15 ml bakpoeier
80 ml water
80 ml melk
125 g vars appelliefies
Sjokoladeblokkies

1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n muffinpan met 12 holtes óf spuit dit met kleefvrye kossproei.
2 Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Klits die eiers een-een by en klits deeglik ná elkeen - dis belangrik om veerligte muffins te verseker.
3 Klits die vanieljegeursel by.
4 Sif die koekmeel en bakpoeier saam. Meng die water en melk.
5 Voeg die droë bestanddele en vloeistof om die beurt by die geroomde botter en suiker. Begin en eindig met droë bestanddele. Klits die mengsel tot 'n gladde beslag sonder enige klonte.
6 Skep 'n lepel vol beslag in elke muffinholte - moenie dit meer as halfvol maak nie. Sit twee tot drie appelliefies en twee sjokoladeblokkies bo-op elkeen, bak vir 20 minute, keer uit en sit dit louwarm voor.