Wednesday 3 August 2011

MIKROGOLF MUFFINS























Die resep werk lekker as jy net een of ‘n paar muffings wil bak.  Die res van die beslag kan in die yskas gehou word tot benodig.  Deeg kan 30 dae in die yskas gehou word.


2 eiers
300g bruinsuiker
80ml olie
300g koekmeel

8ml koeksoda
500ml bran
500ml melk
5ml vanilla
250g koekmengsel/neute/rosyne
2ml sout

Meng eiers, suiker en olie goed. Meng droe bestandele saam in aparte bak en voeg beurtelings met melk by eerste mengsel. Meng baie goed. Voeg geursel en koekmengsel by, meng baie goed deur.

Skep 'n lepel hoog vol in klein houertjie en miskrogolf vir 4min by 70% krag. Pas tyd aan indien meer muffins op 'n slag gemaak word. Plaas res van mengsel in plastiek houer wat dig seël en bêre in die yskas. Gebruik soos benodig.