Thursday 4 August 2011

Clivia

Clivias is nou weer beskikbaar in kwekerye (of hou dop een van die dae).  Hierdie plant met die ongelooflike mooi orange of geel blomme, hou van skadu. 

Hulle kan in houers geplant word, maar dan moet die plant geen direkte sonlig ontvang nie.  Hulle blare brand baie maklik in die son.  Hierdie plante is ideaal om omder ‘n digte skaduboom wat heeljaar sy blare hou, te plant.  As jy reeds van hulle in jou tuin het onthou om hulle in Augustus maand te voed met 3:1:5.