Wednesday 3 August 2011

Appel-en-kaneel-muffins - Diabete





















 (12 - 15 muffins)

•40 g hawersemels (oat bran)
•40 g hoëvesel-graankos
•10 ml fyn kaneel
•280 g (500 ml) meel
•150 g (180 ml) suikervervanger
•2,5 ml kremetart
•15 ml bakpoeier
•15 ml melasse
•165 g (180 ml) laevet margarien
•4 gerasperde Granny Smith-appels
•3 eierwitte


Krummel-bolaag

•20 g hawersemels
•30 ml suikervervanger
•15 ml fyn kaneel

Verhit jou oond tot 180 °C en maak seker die oondrak is in die middel. Spuit muffinpannetjies met nie-kleefsproei. Meng die hawersemels, hoëvesel-graankos, kaneel, meel, suikervervanger, kremetart en bakpoeier saam in ’n bak. Meng die melasse en margarien met ’n elektriese menger, saam met die helfte van die  hawermout-mengsel, tot romerig. Voeg nou die ander helfte van die hawermout-mengsel by en meng goed. Voeg die gerasperde appels by en meng weer goed. Klits die eierwitte styf en vou versigtig in die mengsel. Skep in die voorbereide muffinpanne. Meng die bestanddele van die bolaag saam. Sprinkel van die mengsel bo-op elke muffin. Bak vir 20 - 25 minute. Toets met ’n toetspennetjie om seker te maak die muffins is gaar, maar onthou, hulle sal effens klam wees van die appel.