Thursday 4 August 2011

Lotus Parrot's Beak

Ek loop gister in die kwekery hierdie interessante plantjie raak.  LOTUS PARROT’S BEAK (Lotus vine). 
Hy het die interessante blommetjies van helder oranje kleur wat kompleet lyk soos ‘n papegaai bekkie.  Die plant is oortrek met blommetjies.  Die blaartjies is silwergrys sagte  spitsblaartjies en die plant is ideaal as jy ietsie soek wat oor die kant van ‘n pot sal rank.  Hy blom Lente en somer.  Sal pragtig lyk in hangmandjies en hou van volson.